Argief


Kerssang 1 min leesstuk
Wow Kerssangdiens 2024

Geskryf deur:

Wernich
van Niekerk

Gepubliseer:

25 November 2024

Op 28 November 2024 hou Laerskool Randhart ’n feestelike kerssangdiens wat beloof om ’n spesiale geleentheid vir die hele gemeenskap te wees. Pastoor Jacques en sy vrou, Gail Steenberg, het die diens gereël om die Randhartgemeenskap vir ’n aand van ...

Graad R 1 min leesstuk
Wat wil ons graad R’e word?

Geskryf deur:

Wernich
van Niekerk

Gepubliseer:

25 November 2024

Ons graad R-leerders by Laerskool Randhart is ons skool se toekoms en daarom is dit belangrik dat ons hulle op die regte pad lei. Hierdie jong leerders gaan eendag die skool verteenwoordig en vir almal wys dat Randhart die regte keuse is. 

Juf. van As 1 min leesstuk
‘n Vrou so na aan God se hart

Geskryf deur:

MJ
Möller

Gepubliseer:

5 November 2024

Dit is juffrou Van As wat al vir die afgelope 14-jaar aan die stuur van Laerskool Randhart se Bybelvasvra is. As ek dink aan juffrou Van As en die Bybelvasvra, dink ek aan Lukas 18:16 wat sê: “Laat die kindertjies na my toe kom en moet hulle nie verhinder nie,” en juffrou Van As het beslis die taak voltooi.

Eksamen 1 min leesstuk
Opvoedkundige toer na Mpumalanga vir Graad 6’e!

Geskryf deur:

Eldané
Nel

Gepubliseer:

5 November 2024

Ons is baie opgewonde oor ons opvoedkundige toer vanaf 2 tot 6 Desember na Mpumalanga! Ons maak gereed vir ‘n week vol avontuur, leer en pret saam met ons maats. Ons gaan baie nuwe dinge oor die natuur en diere van Mpumalanga leer. 

Eksamen 1 min leesstuk
WENKE VIR DIE EKSAMEN

Geskryf deur:

Melinique
Nel 

Gepubliseer:

5 November 2024

Eindeksamen is om die draai! Eksamens kan mens oorweldig laat voel. Die druk om goed te presteer, laat ons soms in onsself twyfel. Dis die tyd van die jaar wanneer ons hard werk, ons kennis toets en ons toewyding bewys. Maar te midde van al die druk is dit belangrik om ...

Boekverkope 1 min leesstuk
Die Ranties hou ‘n boekverkoping

Geskryf deur:

Amori
van Vuuren

Gepubliseer:

30 Oktober 2024

Of jy nou ‘n boekwurm is of nie, daar is by Laerskool Randhart se boekverkope altyd iets wat jou oog vang. Van die nuutste boek van Jaco Jacobs of Fanie Viljoen tot ’n oulike Tippie-boek. Nie net is daar baie om van te kies nie, maar die verkope is baie goed georganiseer en het ook vriendelike verkopers.  

Jo Black 1 min leesstuk
Jo Black kom kuier by die Ranties

Geskryf deur:

Caylie
Henning

Gepubliseer:

25 Oktober 2024

Op 9 Oktober 2024 het Mufasa die Ranties besoek of sal ek eerder sê Jo Black, wat alombekend vir sy inspirerende liedjies soos “Hoop” en “Een Klein Klippie” is. 
Hy het ‘n passie om mense te inspireer en die keer het hy dit gedoen deur ons op ‘n reis ...

Entrepreneursdag 1 min leesstuk
Entrepreneursdag

Geskryf deur:

Caylie
Henning

Gepubliseer:

8 Oktober 2024

Entrepreneurdag is een van die hoogtepunte op die graad 7-leerders se skoolkalender. Dit is ‘n dag waar jong entrepreneurs ‘n geleentheid kry om hul kreatiwiteit te wys terwyl hulle belangrike vaardighede aanleer. Hulle leer hoe om met geld te werk, om produkte te adverteer, met kliënte te praat en saam as 'n span te werk.

Public Speaking 1 min leesstuk
Public Speaking

Geskryf deur:

Wernich
van Niekerk

Gepubliseer:

7 Oktober 2024

Die Public Speaking van 2024 het by Laerskool Randhart op 19 September 2024 in die skoolsaal plaasgevind. Dit sit nie in almal se broek om voor mense te staan en praat nie en ‘n paar van ons brawe Randhart-leerders het hul talente kom wys.

Erfenis 1 min leesstuk
Erfenisdag: ‘n Dag van braai, tradisie en familiepraatjies

Geskryf deur:

Ruben
Swanepoel

Gepubliseer:

1 Oktober 2024

Erfenisdag, wat elke jaar op 24 September in Suid-Afrika gevier word, is eintlik die perfekte dag om jou kultuur en jou familie se vreemde gewoontes met trots te vier – en natuurlik, om weer opnuut te besef hoekom jy net een keer per jaar by sekere familie wil wees.

Redenaars 1 min leesstuk
Die graad eens redeneer en ons leer!

Geskryf deur:

Melinique
Nel

Gepubliseer:

17 September 2024

Op 16 September 2024 het die Ranties se graad een redenaars ons ore behoorlik aan die brand gepraat. Vir baie van ons is openbare redevoering senutergend. Dit maak ons angstig wanneer ons ons stem die nodigste het; daarom vermy ons dit.

Kunsuitstalling 1 min leesstuk
Kunsfeesuitstalling 2024


Geskryf deur:

Wernich
van Niekerk

Gepubliseer:

13 September 2024

Op 12 September het die jaarlikse Kunsfeesuitstalling plaasgevind en die Rantie-leerders het weereens gewys hoeveel talent in hulle steek. By die spoggerige geleentheid kon die ouers en familie die leerders se pragtige kunswerke kom besigtig en bewonder.

Lentedag 1 min leesstuk
Hallo Lente


Geskryf deur:

Clarindie
le Roux

Gepubliseer:

10 September 2024

Dis heerlike lente, die winter is verby, weergalm die vrolike volksliedjie in my ore en dryf my skoon na trane. Inderdaad, die winter is verby en ons kan uitsien na die vrolike geluide van voëltjies se getjirp met dagbreek, warmer dae wat voorlê en die inrol van donderweerswolke in die laatmiddag. 

Afskeid 1 min leesstuk
Afskeid van juffrou Gerber


Geskryf deur:

Lezé
Prinsloo

Gepubliseer:

30 Augustus 2024

Op ’n hartseer maar vreugdevolle dag, het die Randhartfamilie saamgekom om afskeid te neem van ons geliefde hoof, juffrou Gerber. Na jare van toewyding en leiding gaan sy en haar man, oom Dalton (soos ons hom ken), nuwe avontuurpaadjies loop.
 

Revue 1 min leesstuk
REVUE: Hier kom ’n ding!


Geskryf deur:

Caylie
Henning

Gepubliseer:

15 Augustus 2024

Met slegs ‘n paar weke om te gaan tot en met die revue-aande, borrel almal oor van opgewondenheid vir Laerskool Randhart se groot konsert. Al die skoliere is al vir die laaste 8 maande hard aan die oefen en daar is meer as net so ‘n paar seer liggaampies. 
 

Omgee 1 min leesstuk
RANTIES GEE OM


Geskryf deur:

Clarindie
le Roux

Gepubliseer:

15 Augustus 2024

Netbaltekkies, draftekkies, oefentekkies, tekkies vir fliek toe gaan… tekkies vir Afrika!

Maak maar net jou kas se deur oop en kyk na al die verskillende tekkies wat mooi soos soldate in hulle rakkies reg staan.
 

Hoof 1 min leesstuk
Die hoof verjaar


Geskryf deur:

Olivia
Ford

Gepubliseer:

8 Augustus 2024

Verjaarsdae is lekker! Ons almal geniet dit om gewone klere skool toe te dra met ons verjaarsdag en dalk die klasmaats met lekkernye te bederf.


 

Fliek 1 min leesstuk
Fliekresensie – Arthur the King (2024)

Geskryf deur:

Olivia
Ford

Gepubliseer:

24 Julie 2024

Trek maar die boks tissues nader as jy die fliek wil kyk… jy gaan dit nodig hê!

Die fliek Arthur the King is op ‘n ware verhaal gebaseer op Mikael Lindnord, ‘n avontuurlustige atleet met ‘n passie vir avontuurwedlope. 

Vadersdag 1 min leesstuk
Vadersdag


Geskryf deur:

Caylie
Henning

Gepubliseer:

14 Julie 2024

Vadersdag is ‘n spesiale dag wat die viering van pa’s, wat vreugde, liefde en glimlaggies bring, te vereer. ‘n Vaderfiguur is so nodig in die lewe en hulle speel ook ‘n baie groot en belangrike rol in volwassenes en kinders se lewens. Hier volg so ‘n paar goed wat hulle as karakters beskryf.

Rugby 1 min leesstuk
Ranties brul by Goue Leeus uitspele

Geskryf deur:

Connor
Roesch

Gepubliseer:

11 Julie 2024

Randhart het goed in die Goue Leeus-uitspele gevaar. Drie spanne van Randhart het deurgegaan waar hulle by Hoërskool Florida vir die beker uitgespeel het. Die o. 9-, o. 10- en o. 11-span het na die semifinaal deurgedring. 


Funkyday 1 min leesstuk
‘n Wilde avontuur – Ons laaste “Funky-day” uit op safari

Geskryf deur:

Marichke
Pucjlowski

Gepubliseer:

11 Julie 2024

Op 7 Junie het die graad 7’s van 2024 ‘n safari aangepak soos geen ander nie.
Dit was nie ‘n gewone wildrit soos wat ons al deur die wildtuin ervaar het nie, maar eerder ‘n reis deur die gange van Randhart.


Teedag 2 min leesstuk
Internasionale Teedag


Geskryf deur:

Olivia
Ford

Gepubliseer:

22 Mei 2024

Internasionale teedag word jaarliks op 21 Mei gevier. Dié spesiale dag was in 2005 gestig. Hierdie warm drankie kan saam met ontbyt, middagete en aandete geniet word tuis, in restaurante, werkplekke en kuiergeleenthede. 


Moedersdag 2 min leesstuk
Moedersdag 


Geskryf deur:

Ava
Allen

Gepubliseer:

13 Mei 2024

Die Here het ‘n engel op aarde geskep en ek noem haar ma. Dit is die kragtige woorde wat Sonja Peacock in haar gedig “Ek noem haar ma” geskryf het en dit is so gepas vir Moedersdag wat op 12 Mei 2024 plaasvind.


Werkersdag 1 min leesstuk
Mnr. en Mej. Rantie 2024


Geskryf deur:

Melinique
Nel

Gepubliseer:

6 Mei 2024

Die Mnr. en Mej. Rantie-kompetisie is ‘n aand gevul met mooi mense, kolligte, musiek, danse, wit uitrustings en kreatiwiteit.
Die jaarlikse Mnr. en Mej. Rantie, wat op 2 en 3 Mei 2024 plaasgevind het, was ongetwyfeld ’n hoogtepunt op Laerskool Randhart...

Werkersdag 1 min leesstuk
Die krag van arbeid: ‘n Dieper kyk na die betekenis van Werkersdag

Geskryf deur:

Ruben
Swanepoel

Gepubliseer:

2 Mei 2024

Werkersdag - die dag waarop ons nie net ‘n breek neem van werk nie, maar ook die arme bure herdenk wat steeds hul vinger na die 9 tot 5 lewe swaai. Dit is ‘n dag waarop ons nie net die heuning in die koffie nie, maar ook die harde werk van ons medemens herken.

Funkyday 1 min leesstuk
In die wêreld van kouse, wees die sokkie wat uitstaan 

Geskryf deur:

Olivia
Ford

Gepubliseer:

26 April 2024

Bloedrooi... potblou... grasgroen en ja waarlik, Barbie-pienk! Dis net enkele, flitsende kleure van die wye verskeidenheid kouse wat die graad 5-leerders op Donderdag 25 April 2024 tydens die Funkydrag-dag gedra het.

 

Boekedag 1 min leesstuk
RANTIES LIEF LEES!


Geskryf deur:

Clarindie
le Roux

Gepubliseer:

24 April 2024

Garrison Keillor het gesê: “’n Boek is ‘n geskenk wat jy weer en weer kan oopmaak.” Ons Ranties stem saam en het op 23 April 2024 Wêreldboekedag behoorlik gevier. Wêreldboekedag staan ook bekend as Wêreldboek- en kopieregdag ...

Date Night 1 min leesstuk
Pa-en-Dogter “Date Night”


Geskryf deur:

Ava
Allen

Gepubliseer:

14 April 2024

In 'n wêreld wat dikwels te gejaag voel, is dit noodsaaklik om oomblikke van lekker en pret te vind, veral tussen ouers en hul kinders. Onlangs het Randhart 'n inisiatief begin om die pa-dogter-band te versterk deur 'n heerlike afspraakaand te reël. 

Netbal 1 min leesstuk
Netbalkliniek vir juniorspelers 

Geskryf deur:

Eldané
Nel

Gepubliseer:

12 April 2024

Ek het die voorreg gehad om met juffrou Bonita Mentz te gesels oor die netbalkliniek vir die juniorfase-spelers. Met 'n glinster in haar oog en ‘n bal in haar hand, het sy my meer van haar passie vir die ontwikkeling van jong netbalspeelsters vertel.

Ranties 2 min leesstuk
Oud-Ranties hou steeds die Rantie-vlag omhoog!  

Geskryf deur:

Olivia 
Ford

Gepubliseer:

7 Maart 2024

Die bekende digter, Jan F.E. Cilliers, van die vorige eeu, skryf in sy gedig Trou:
“Ek hou van ‘n man wat sy man kan staan:
Ek hou van ‘n arm wat ‘n slag kan slaan…
…Ek hou van ‘n man wat sy moeder eer...“.

  

Ranties 2 min leesstuk
Een keer ‘n Rantie, ALTYD ‘N RANTIE! 

Geskryf deur:

Clarindie
le Roux

Gepubliseer:

6 Maart 2024

Welkom terug by Ranties, juffrou Van der Schyf – Hier waar alles begin het!

Ons vier hierdie jaar Randhart se GOUE verjaarsdag. 50 jaar oud! Wat ‘n besondere mylpaal!
  

Redenaars 2 min leesstuk
Redenaars is vet pret - vra maar vir juffrou Erasmus

Geskryf deur:

Melenique
Nel

Gepubliseer:

29 Februarie 2024

Dis bitter belangrik om selfvertroue te kweek en redenaars is ’n briljante platform hiervoor.
Ons het onlangs ’n onderhoud met juffrou Erasmus gevoer om te hoor wat redenaars so lekker maak.

  

Valentyn 2 min leesstuk
VALENTYNSDAG 2024 “DON’T GO BACON MY HEART”

Geskryf deur:

Clarindie 
le Roux

Gepubliseer:

15 Februarie 2024

Ek wil nou nie spek skiet nie, maar die graad 5-onnies by Rand♥ weet BESLIS hoe om die dag van liefde BEHOORLIK te vier! Cupid self sou BAIE trots op hulle gewees het



Valentyn 2 min leesstuk
'n Valentynsokkie vol pret!


Geskryf deur:

Caylie
Henning

Gepubliseer:

12 Februarie 2024

Laerskool Randhart se jaarlikse Valentynsokkie het op Vrydagaand 9 Februarie 2024 plaasgevind. Vir weke al het romantiese hartjies en danspassievolle kinders sonder veel geduld na die spesiale aand laat uitgesien. Nuwe rokkies, hemde en ‘spif’ skoene moes voor die spesiale dag aangekoop word om seker te...

Kuns 2 min leesstuk
Ons Rantie-juffrouens KAN teken!

Geskryf deur:

Wernich
van Niekerk

Gepubliseer:

1 Februarie 2024

Op 1 Februarie het die Kunsklub met groot opgewondenheid afgeskop en baie kinders het aangesluit om hulle talente te kom oefen en ten toon stel! Om die nuwe jaar se kunsopgewondenheid af te skop, het ons drie kunsjuffrouens ‘n tekenkompetisie gehad. Wie dink julle het die mooiste blompot geteken?

Atletiek 1 min leesstuk
Stokkie vir stokkie kom Randhart bo uit

Geskryf deur:

Connor 
Roesch

Gepubliseer:

31 Januarie 2024

Op 31 Januarie 2024 het hierdie jaar klaar vir Laerskool Randhart met ’n paar verrassings begin. Vir die eerste keer in 50 jaar het Laerskool Randhart die Top 6-aflosbyeenkoms vir laerskole aangebied. ’n Warm somersdag, met die reuk van gebraaide boerewors, ’n pawiljoen vol ouers en ondersteuners...

Eksamen 2 min leesstuk
Eindeksamen – Dit maak deel uit van die boustene vir jou toekoms

Geskryf deur:

Marichke
Pucjlowski

Gepubliseer:

30 Oktober 2023

Die afbakening is alreeds uitgedeel en elke onderwyser by Randhart (en definitief jou ouers ook) hoop jy is al hard besig om te leer. Eksamen is ‘n goeie ding waarna jy moet uitsien, want dit gee jou ‘n geleentheid om dit weer te lê wat jy oor die afgelope jaar of kwartaal geleer het.  

Atletiek 1 min leesstuk
Op jou merke, gereed, droom…

Geskryf deur:

Ané
Potgieter

Gepubliseer:

23 Oktober 2023

Met groot opgewondenheid het nog ‘n atletiekseisoen weggespring. Nee wag, hy hardloop al lankal reeds weg met ons! Die Ranties se tweede vriendskaplike byeenkoms het op 18 Oktober plaasgevind en ons atlete moes hard teen Laerskool Baanbreker vastrap.
  

Baasdag 2 min leesstuk
“Boss’s Day”: Erkenning van uitsonderlike leierskap

Geskryf deur:

Marichke
Pucjlowski

Gepubliseer:

20 Oktober 2023

Die woordeboek beskryf 'n baas as die eienaar of besitter van iets. Die hoof wat oor iemand aangestel is, in ‘n gesagsposisie is of as iemand wat iets beter as ander kan doen. Hulle bied rigting en ondersteuning wat nodig is vir persoonlike en professionele groei.

Kaskar 2 min leesstuk
Kaskardag 2023


Geskryf deur:

Ava
Allen

Gepubliseer:

13 Oktober 2023

Ken, Barbie, Seerowers en selfs Springbokke, Imposters en pers Minions het dit op Kaskardag kom uitveg om te sien wie die vinnigste klas in die skool is.
Wat ‘n heerlike dag wat nog meer spesiaal gemaak was deur sportmotors, die mooiste...

OSK 1 min leesstuk
Tentedorp 2023 – ‘n onvergeetlike naweek!

Geskryf deur:

Amori
van Vuuren

Gepubliseer:

10 Oktober 2023

Die naweek van 8 September was meeste van die Ranties en hul gesinne op pad na Mbizi, Bela-Bela, vir die tentedorp. Kinders was amper soos die gesegde sê - gesien maar nie gehoor nie. Hulle het die heeldag geswem, hul bene lam fiets gery en konstant aan al die...
 

Leerlingraad 2 min leesstuk
Leerlingraad-verkiesing: Opwinding of angs!

Geskryf deur:

Carissa
Müller

Gepubliseer:

18 September 2023

Hierdie kwartaal word die leiers van 2024 gekies.

Dit is ‘n stresvolle tyd vir die graad 6’e. Die eerste ronde is al die graad 6’e besig om te...

 

Entrepreneursdag 3 min leesstuk
Entrepreneursdag Graad 7 – Geld groei op niemand se rug nie

Geskryf deur:

Ava
Allen

Gepubliseer:

15 September 2023

Die hele Randhart was vreeslik opgewonde oor die graad 7’s se Entrepreneursdag. Die graad 7’s het die hele skool in ’n plakkaat-Kersfeesboom verander om hulle stalletjie te adverteer.


Lees 6 min leesstuk
Lees gee jou sowaar “super powers” – vra die Leestjommie-maatjies

Geskryf deur:

Marichke
Pucjlowski

Gepubliseer:

12 September 2023

As 12-jarige het ek reeds ‘n wêreld van wonders ontdek wat in die bladsye van boeke versteek is. Dit het my laat wonder hoekom sommige van ons kinders nie lees nie of nie lief is daarvoor nie?

Voortrekkers 4 min leesstuk
Waarmee is Die Voortrekkers besig? 

Geskryf deur:

Ellené
Anderson

Gepubliseer:

10 September 2023

“Die storie van Die Voortrekkers wat reeds vir langer as agt dekades geskryf word, is een van die Afrikaners se mooiste kultuurstories. Dit is ’n storie van deursettingsvermoë, van toewyding en opoffering.”

Landloop 5 min leesstuk
Ranties by Super 12-landloop: 'n Dag van uithou en aanhou!

Geskryf deur:

Marichke
Pucjlowski

Gepubliseer:

5 September 2023

Die Ranties-span pak die Super 12-landloop-uitdaging aan.

Danksy die landlooporganiseerder, juffrou Steenkamp, en ons afrigters, juffrou Feuth, Muller, Barnard, Mulder en mnr. de Ru,...

Lente 1 min leesstuk
Lentedag- hoekom maak lente ons opgewonde?

Geskryf deur:

Carissa
Müller

Gepubliseer:

1 September 2023

Na ‘n lang winter is dit uiteindelik lente. Ons almal geniet lente, want dit is warm, die voëls sing weer vrolik en orals begin die bome bot. Begin lente regtig op 1 September?


Gholfdag 5 min leesstuk
Ranties dryf ‘n gholfhou op 31 Augustus

Geskryf deur:

Ellené
Anderson

Gepubliseer:

31 Augustus 2023

Die tyd het aangebreek!
Op 31 Augustus gaan ’n paar manne (en definitief ook ’n paar dames) by Reading Buiteklub mekaar die stryd aansê. Hulle gaan kyk wie kan daardie klein wit balletjie met die minste... 

Appeltjies 6 min leesstuk
Om appeltjies te skil…

Geskryf deur:

Marichke
Pucjlowski

Gepubliseer:

18 Augustus 2023

Wie het nou gedink appeltjie skil kan so gekompliseerd wees? Van skil tot eet tot appeltjies deel, kom die realiteit dat dit toe eintlik nie so lekker en eenvoudig of lekker is soos appeltjie skil en eet nie, maar eerder so bietjie van ‘n ongemaklike saak is wat...

Maak 'n verskil 6 min leesstuk
Ja, jy kan 'n verskil maak!

Geskryf deur:

Marichke
Pucjlowski

Gepubliseer:

16 Augustus 2023

Met verlede maand se Madiba-dag nog vars in ons gedagtes (en natuurlik ook na ‘n praatjie op RSG) het ek gevoel ek wil graag ‘n paar gedagtes met my mede-Ranties deel. Die mooi en wonderlike pogings van soveel mense wat hulle tyd...

Gholfdag 2 min leesstuk
“Fore, Tee, Two, Hole in One”

Geskryf deur:

Ané
Potgieter

Gepubliseer:

14 Augustus 2023

Ranties se Gholfdag slaan weer op Donderdag 31 Augustus af. Dit is vir seker een van die hoogtepunte op die Rantie-kalender. Dit is ons sewende Gholfdag en ongeveer vyftig 4-balle neem aan die Gholfdag deel. Die eerste ronde spelers slaan reeds om 07:00 af en die middagveld vanaf 10:16.

Super 12 Hokkie 2 min leesstuk
‘’Hokkiekoors loop hoog in ysige temperature’’

Geskryf deur:

Taylin
de Jong

Gepubliseer:

10 Augustus 2023

Op die ysige koue naweek van 21 en 22 Julie het die eerste span hokkieseuns en -dogters aan die Super 12-hokkietoernooi by die Universiteit van Pretoria deelgeneem. Hierdie geleentheid het deelnemende skole van regoor die land bymekaargebring vir 'n opwindende naweek...

Vrouemaand 6 min leesstuk
Vrouwees is wonderlik!

Geskryf deur:

Ava Allen

Gepubliseer:

8 Augustus 2023

Gister was Vrouedag. 'n Dag wat ons almal moet erken. Dit gebeur sedert 1911 en word nou elke jaar as ‘n vakansiedag erken.

Die dag is gestig toe vroue dieselfde regte geëis het as wat mans jare voor dit al gehad het...

67 minute 6 min leesstuk
Dankbaarheid

Geskryf deur:

Leora Höll

Gepubliseer:

8 Augustus 2023

Mandeladag, wat op oudpresident Nelson Mandela se verjaarsdag op 18 Julie gevier word, is ‘n internasionale dag wat mense aanmoedig om 67 minute af te staan aan liefdadigheid.



Tennis 5 min leesstuk
Die Ranties hou ons naam 

Geskryf deur:

Ané Potgieter

Gepubliseer:

2 Augustus 2023

Op Donderdag 26 Julie en Vrydag 27 Julie het ons Super 12-tennisspanne onder leiding van juf. Elsemari Erasmus en juf. Leani Potgieter by L.C. de Villiers in Pretoria deelgeneem...


Liefdadigheid 8 min leesstuk
67 minutge van Liefdadigheid

Geskryf deur:

Redaksiespan

Gepubliseer:

2 Augustus 2023

Op 18 Julie vier ons oud-president Nelson Mandela se verjaarsdag. Ter nagedagtenis aan die opofferings wat president Mandela in sy lewe gemaak het vir die mense van Suid-Afrika se stryd om vrede en vryheid, word daar op ‘n globale skaal 67 minute geskenk vir liefdadigheid...

Hokkie 1 min leesstuk
Hokkie-toer 2023

Verslag deur:

Ava Allen

Gepubliseer:

31 Julie 2023

En net soos die skoolklok lui om die begin van die vakansie aan te dui, spring ons Super 12-hokkiespanne weg op ‘n bus na Camp Discovery in Dinokeng om goed voor te gaan berei vir die toernooi wat middel Julie plaasvind.

Met ons aankoms by Camp Discovery was ons asems weggeslaan deur die mooi geriewe en...

Weer 1 min leesstuk
Dit sneeu!

Geskryf deur:

Lezé Prinsloo

Gepubliseer:

18 Julie 2023

“Dit sneeu!” Dié woorde het Maandag 10 Julie oor die hele Alberton (en ander dele van ons land) geval, of dit nou ‘n uitbundige gejuig van kinders was en of dit ‘n WhatsApp-boodskap tussen volwassenes was, die nuus het vinnig versprei!


Bokkoors 1 min video
Bok-koors

Verslag deur:

Ané Potgieter

Gepubliseer:

18 Julie 2023

Ané Potgieter doen verslag oor die groen en goud golf op die rugbyveld tydens pouse.






Keuses 3 min leesstuk
Die groot vraag...

Geskryf deur:

Marichke Pucjlowski

Gepubliseer:

18 Julie 2023

Sedert die begin van hierdie jaar lyk dit vir my of almal nie kan ophou praat oor “DIE GROOT VRAAG” nie. En nee, dis nie “Gaan ons slushy koop pouse?” nie.

Die GROOT VRAAG is...

 

Tuis is bes 4 min leesstuk
Oos, Wes, Tuis Bes

Geskryf deur:

Ava Allen

Gepubliseer:

21 Junie 2023

Dit is glad nie vreemd om met kinders in ons skool te praat wat weet van iemand wat geëmigreer het nie. Baie van ons Ranties weet te goed wat die woord emigreer beteken en moes al familie en vriende groet wat oor die see na ‘n vreemde land getrek het.


Mnr. en mej. Rantie 1 min leesstuk
Lights, Camera, Action! Hier kom Mnr. & Mej. Rantie 2023

Geskryf deur:

Leora Höll

Gepubliseer:

21 Junie 2023

Laerskool Randhart het op 8 en 9 Junie hul jaarlikse skoonheidskompetisie en fondsinsameling gehad. Dit was ‘n geleentheid vir al die finaliste om op die verhoog te spog met hul formele aandrokke en pakke. Die Mnr. & Mej. Petite en Rantie-deelnemers het hulle harte en beursies oopgemaak om geld in te samel ten bate van The Purple Willow Children’s Haven.

Tennis 2 min leesstuk
Kroasië wink vir Gia!


Verslag deur:

Ané Potgieter

Gepubliseer:

20 Junie 2023

Terwyl ons rustig by die huis sit, is Gia Smith (gr. 4) hard besig om tennis te oefen op Potchefstroom se kleibane. Al haar harde werk is nie verniet nie… Sy is uitgenooi na die Smrikva Bowl in Kroasië!

Die toernooi duur een week van 17 tot 24 Junie. Hierdie toernooi is die beste o. 10-toernooi in die wêreld en Gia is die enigste Suid-Afrikaner...

Krieket 3 min leesstuk
Meisieskrieket in die kollig as 'n nuwe sport by ons.

Geskryf deur:

Jayme Martin

Gepubliseer:

20 Junie 2023

Maak gereed om 'n opwindende nuwe hoofstuk in sport by Laerskool Randhart te aanskou. Ons stel bekend... krieket vir meisies. Dit is tyd om die norm uit te daag en te bewys dat meisies die krieketveld net soveel as die seuns kan “rock”. Ons het aan juf. Kloppers gevra wat hierdie nuwe geleentheid vir ons dogters bied. Die proewe was alreeds einde Mei 2023.

Jeugdag 3 min leesstuk
Die Jeuk van die Jeug

Geskryf deur:

Ava
Allen

Gepubliseer:

12 Junie 2023

Vadersdag, Moedersdag... ek en my broer wou by Mamma en Pappa hoor hoekom daar nie ‘n “Kinderdag” is nie en dit is toe dat Pappa vir ons vertel dat daar selfs ‘n vakansiedag vir die kinders is… hulle noem dit Jeugdag...




Wag vir vakansie 1 min leesstuk
Toetsreeks is verby!

Geskryf deur:

Suné-Louise
Prinsloo

Gepubliseer:

12 Junie 2023

Na ‘n hele lang ruk wat die graad 4 tot 7-leerders toetse geskryf het, is dit uiteindelik verby. Die frustrasie om die heeltyd deur die dag, deur die nag, deur die week en selfs oor naweke te leer, is uiteindelik verby.

Die gestryery met jou ma omdat jy sê dat jy jou werk ken, maar jy weet dat jy regtig nie jou...

Koor 1 min leesstuk
Om te sing soos 'n nagtegaal

Verslag deur:

Amori van
Vuuren

Gepubliseer:

9 Junie 2023

Die Kiewiet- en Randrefreinkoorlede het hard geoefen om hul stemmetjies kristalhelder te hê vir die Super 12-kooroptrede wat op 26 April by Doxa Deo Centurion plaasgevind het.

Met tannie Christa as inspirerende dirigent en tannie Anna se betowerende begeleiding, het...

Personeel 4 min leesstuk
Ranties verwelkom nuwe bloed

Verslag deur:

Marichke
Pucjlowski

Gepubliseer:

30 Mei 2023

Hulle sê verandering is so goed soos ‘n vakansie. Hier by die Ranties dink ons ook so! Veral as dit beteken dat daardie verandering maak dat ons ‘n allemintige agt nuwe personeellede ryker is!



Kunsfees 1 min leesstuk
Kunsfees: Ranties verstaan die kuns van kuns!

Geskryf deur:

Leora
Höll

Gepubliseer:

22 Mei 2023

Die Kunsfees is om die draai en dit is tyd vir die Ranties om met hul meesterstukke te spog! Ons het ‘n paar vrae vir juffrou Kitching gevra om meer uit te vind.





Hemelvaart 3 min leesstuk
Hemelvaart - Jesus lewe en Jesus kom weer

Geskryf deur:

Lezé
Prinsloo

Gepubliseer:

18 Mei 2023

Kan julle onthou wat ons Paasnaweek gevier het? Ja - Jesus het aan die kruis vir ons sondes gesterf en op die derde dag het Hy opgestaan uit die dood. Daar is nog ’n baie spesiale dag en dit is Hemelvaartdag. Hemelvaart gebeur 40 dae na Paasfees. Vir 40 dae nadat Jesus uit die dood opgestaan het, het Hy aan Sy vriende verskyn en met hulle gesels.  

Wildeklawer 6 min leesstuk
Wildeklawer toernooi 2023

Geskryf deur:

Sune-Louise Prinsloo
& Jayme Martin

Gepubliseer

15 Mei 2023

Vir die eerste keer in Laerskool Randhart se geskiedenis is nie net ’n rugby- óf netbalspan na die ABSA Wildeklawer-toernooi genooi nie, maar albei ons eerste rugby- en netbalspan!

Die laerskole se Wildeklawer-toernooi vind elke jaar op Laerskool Newton se skoolgronde in Kimberley plaas. Dit het hierdie jaar van 23 tot 26 April plaasgevind.

Moedersdag 3 min leesstuk
Ken jy jou mamma?

Geskryf deur:

Carissa
Müller

Gepubliseer:

12 Mei 2023

Moedersdag is om die draai. Dit het my laat besluit om 'n paar kinders uit te vra om te kyk hoe goed hulle hulle mamma ken...





Toesprake 4 min leesstuk
'n Resep om 'n toespraak te lewer

Geskryf deur:

Suné-Louise 
Prinsloo

Gepubliseer:

4 Mei 2023

Is jy dalk skaam of bang om voor mense te praat? Wel, hier is ’n paar stappe om jou te help om jou vrees te oorkom.

Benodigdhede:
- ’n toespraak
- spieël
- jou gesin, familie en vriende...

Gemeenskapsraad 3 min leesstuk
Winteruitreik – TEKKIES WAT BRAND

Geskryf deur:

Marichke
Pucjlowski

Gepubliseer:

3 Mei 2023

Terwyl ek sit en skryf, vra Oupa vir my: “Sussie, wat doen jy?”. Ek vertel hom van ‘n mooi rooikopjuffrou by die skool. Alhoewel sy lekker kwaai kan wees as jy aanjaag of jou huiswerk nie doen nie, het sy die mooiste hart wat vir haar medemens omgee. Haar leefwyse en dade getuig ongetwyfeld dat sy ‘n ware Christen is...

Pa en dogter 3 min leesstuk
Meisieskrieket in die kollig as 'n nuwe sport by ons.

Geskryf deur:

Marichke
Pujlowski

Gepubliseer:

3 Mei 2023

Wie hou nou nie van die feëverhaal Beauty and the Beast nie? Beslis een van my gunstelinge! Laat ek maar erken, jy kan my enige dag omkoop met ‘n mooi verhaal wat eindig met “and they lived happily ever after”.

Danksy hierdie baie oulike inisiatief van juffrou Bornman en haar bekwame span, bring hulle...

Top 10 3 min leesstuk
Top "tips" vir top 10

Geskryf deur:

Ava Allen

Gepubliseer:

3 Mei 2023

Foto’s op FB, al die mammas se WhatsApp-statusse en dan nog ‘n ete in skooltyd? Ja julle, dit is alles wat saam met die top tien kom en natuurlik daardie balkie wat jy die hele kwartaal by die skool mee mag rondloop. Dit het my laat dink: Hoe kry mens een van hierdie balkies en wat moet jy doen?

'n Wat??? 3 min leesstuk
Raai, raai riepa: Wat is ‘n ietermagog?

Geskryf deur:

Ellené Anderson

Gepubliseer:

3 Mei 2023

’n Ieter watsegoed? ’n Ietermagog!
O wêreld, dit klink vir my skoon na ’n volksvreemde naam.

Maar eintlik is dit net ’n soogdier wat se hele lyf met harde horingskubbe bedek is. Hierdie dier is ook bekend as die Ietermagô en sommige praat selfs van die miervreter.

Werkersdag 1 min leesstuk
Kom ons rus op Werkersdag

Geskryf deur:

Carissa Müller

Gepubliseer:

1 Mei 2023

Volgens Wikipedia is Werkersdag 'n nasionale vakansiedag wat die werkers van die land huldig. Dit word in verskillende lande, insluitend Suid-Afrika, gevier. Dit word hier jaarliks op 1 Mei gevier.




Menseregte 1 min leesstuk
Menseregtedag

Geskryf deur:

Marichke
Pujlowski

Gepubliseer:

21 Maart 2023

Om ‘n kind te wees, beteken jy het geen regte nie; of wag, dalk is daar meer regte waaroor kinders beskik as wat hulle dink?

Hierdie is groot (soos in BAIE groot) woorde vir kinders wat eintlik nog net sorgeloos die lewe moet geniet op Randhart se skoolgronde en by hulle huise... Maar dinge werk soms anders as in feetjieland, nè? 

Die skoolspook 1 min leesstuk
Praatjies vul geen gaatjies

Geskryf deur:

Die skoolspook

Gepubliseer:

9 Maart 2023

Die idioom "Praatjies vul geen gaatjies" is 'n wyse en baie waardevolle uitdrukking wat ons herinner aan die belangrikheid van aksie.

As mens die uitdrukking ontleed, sien ons dat die "praatjies" verwys na die woorde wat ons gebruik om 'n situasie te beskryf, terwyl die "gaatjies" die leemtes of probleme is wat daardie situasie of taak het...

Toetsreeks 1 min leesstuk
Dis alweer sulke tyd… toetsreeks!

Verslag deur:

Hendré Cilliers

Gepubliseer:

9 Maart 2023

Ek hou nie baie van toetse nie, maar toetse en eksamens bepaal kinders se standaard.

Dit is nie nodig om so baie toetse te skryf nie. Daar kan meer op deurlopende assessering en klasaktiwiteite deur die jaar en eksamens aan die einde van die jaar gekonsentreer word. ..

Grootouers 1 min leesstuk
Die rol van oumas en oupas in ons lewens

Geskryf deur:

Carissa Müller

Gepubliseer:

3 Maart 2023

Oupas en oumas maak die wêreld 'n bietjie sagter, 'n bietjie vriendeliker en 'n bietjie warmer.

By elke sport- en kultuurgeleentheid is dit duidelik dat die Ranties-oupas en -oumas het wat ons ondersteun in alles wat ons doen.
 

Netbal 3 min leesstuk
Die o.13A-netbalspan is op pad na sukses

Geskryf deur:

Leora Höll

Gepubliseer:

8 Februarie 2023

Ons ongelooflike o. 13A-netbalspan gaan ‘n opwindende jaar hê met al hulle toere en belangrike wedstryde! Ons het vir hul afrigter, juf. M. Steenkamp, ‘n paar vrae gevra om meer oor hierdie toere uit te vind.



Kinders 2 min leesstuk
Ons speel nie genoeg nie...

Geskryf deur:

Ellené Anderson

Gepubliseer:

3 Maart 2023

Ons speel nie genoeg nie. Dis nou maar ’n feit soos ‘n koei.

Elke dag is ’n gejaag. Ons jaag skool toe; jaag huis toe. Dan jaag ons weer van een aktiwiteit na die ander. Ons jaag, jaag, en jaag. So jaag ons voort, blindelings deur die lewe op pad na die grootmenswêreld...

Moedertaal 1 min leesstuk
Moedertaaldag!

Verslag deur:

Amori van Vuuren

Gepubliseer:

15 Maart 2023

Op 21 Februarie het die hele land Moedertaaldag gevier. Moedertaal is die taal waarmee jy opstaan en gaan slaap. Dit is die taal waarin jy dink en jouself uitdruk. Dit is die taal waarin jy spontaan bid, Bybel lees én dit is die taal wat jou hart laat bons van trots.



Atletiek 3 min leesstuk
Mnr. de Ru, afrigter van formaat! 

Verslag deur:

Taylin de Jong

Gepubliseer:

24 Februarie 2023

Laerskool Randhart bied hul leerders die geleentheid om met die hulp van top afrigters hul doelwitte, wat ieder en elk vir hulself stel, te bereik. Mnr. Rudi de Ru, departementshoof opvoedkundige leiding, is nie net ՚n gesogte onderwyser in die klaskamer nie, maar ook ՚n baie bekende en ervare atletiekafrigter in ons dorp. Mnr. De Ru was self ՚n voormalige top SA-atleet en is sterk bewapen met ՚n ontembare ...

Tayla Vorster 2 min leesstuk
Dis ‘n gekattemaai by Laerskool Randhart...

Verslag deur:

Jayme Martin

Gepubliseer:

17 Februarie 2023

Aan die begin van elke jaar is dit atletiekseisoen by Laerskool Randhart.

Die Interhuis is op 13 Januarie 2023 gehou en die atmosfeer was elektries! Geesvang was aan die orde van die dag en menige leerders sal saamstem dat dit ‘n middag vol opwinding was. 

Valentynsokkie 2 min leesstuk
'n Sokkie om te onthou

Geskryf deur:

Ava Allen

Gepubliseer:

17 Februarie 2023

Op 11 Februarie 2023 het die Ranties Valentynsokkie gehou en net soos die liedjie uit The Lion King, kon jy vir seker die liefde met die inloop in die saal in, wat so mooi gelyk het, voel – ‘n groot verskil teenoor Maandae se saalperiode.


Tennis 2 min leesstuk
Wanneer groot drome vir jou wink...

Verslag deur:

Ané Potgieter

Gepubliseer:

8 Februarie 2023

Gia (kort vir Giana) Smith is ‘n trotse Rantie van slegs 9 jaar oud (binnekort 10) wat in ‘n baie kort tydperk gegroei het tot ons eie vurige klein tennisster. Ek het met haar ‘n onderhoud gevoer om meer uit te vind hoe sy reeds in haar tennisloopbaan gegroei het en waarheen sy op pad is...

Ramkat 2 min leesstuk
Dis ‘n gekattemaai by Laerskool Randhart...

Verslag deur:

Ellené Anderson

Gepubliseer:

1 Februarie 2023

Ranties kry nie net 9, maar eerder 18 nuwe katlewens by!
Wie is hulle en hoekom lyk hulle dan so baie na ons eie Ramkat?
Soos rugbyspelers hul stewels ophang, het Ramkat besluit om sy (kat)stewels na menigte...

Ranties 3 min leesstuk
Ranties bly tops!!

Verslag deur:

Ellené Anderson

Gepubliseer:

1 Februarie 2023

Ons kan voorwaar met breë skouers op die dakke van Alberton staan en uitskree: “RANTIES BLY TOPS!”

Randhart lewer jaar na jaar topkwaliteit leerders aan hoërskole regoor die provinsie as gevolg van die besonderse grondslag wat van dag 1 af neergelê word.

Skaak 1 min leesstuk
Skaak: Een verkeerde skuif

Geskryf deur:

Hendré Cilliers

Gepubliseer:

25 Januarie 2023

Skaak is een van die oudste speletjies in die geskiedenis van die wêreld. Dit het meer as 1 500 jaar gelede ontstaan toe ‘n koning sy raadgewers gevra het om ‘n speletjie uit te dink.

Dus die naam -koninklike spel- wat ‘n strategiese bordspel tussen twee spelers is...

Algemene Kennis 4 min leesstuk
Is jy die volgende Einstein?

Geskryf deur:

Suené Pretorius

Gepubliseer:

25 Januarie 2023

Volgens wetenskaplikes is daar sterk bewyse wat daarop dui dat musikale opleiding die breinstruktuur en breinfunksie kan verbeter. Die stimulering van die brein tydens die speel van ’n instrument verbeter uitvoerende funksies (wat verantwoordelik is vir die regulering en aanpassing van gedrag en aksies, verwerking en behoud van inligting en oplossing van probleme)... 

Eerste skooldag 3 min leesstuk
Terug hok toe

Geskryf deur:

Ava Allen

Gepubliseer:

25 Januarie 2023

Net so vinnig soos ESKOM die krag afsit tydens beurtkrag, is ons weer terug in die skoolbanke. Die reuk van nuwe skoolklere hang in die gange met trane en ‘n gegiggel oral te hore. Dit is offisieel die eerste dag voor die aftel na die laaste dag van skool...



Vean Tennant 3 min leesstuk
Terug hok toe

Geskryf deur:

Redaksie

Gepubliseer:

9 November 2022

Vean se mamma (Jannine) sê:

“Vean was al van kleins af ‘n Looney Toon. Ons het hom by dramaklasse ingeskryf (Alta Mouton van Babbelbekkies Drama). Binne ‘n jaar se tyd het hy so mooi floreer.



Bybelvasvra 3 min leesstuk
Wat Bybelvasvra my geleer het

Geskryf deur:

Lienke Olivier

Gepubliseer:

9 November 2022

Almal in Rantie-land weet presies hoe juffrou Van As oor Bybelvasvra voel. Die twee is al sinonieme. Almal weet dat jy nie met ander aktiwiteite kom inmeng in Bybelvasvratyd nie. Maar wat almal dalk nié weet nie, is van die wonderwêreld van kameraadskap en kennis...



Gedig 1 min leesstuk
Verlore Liefde

Geskryf deur:

Caitlin de Waal

Gepubliseer:

4 November 2022

In jou oë sien ek weer lewe
waarsonder ek nie kan strewe.
Wanneer jou liggie in my oordrewe
kan ek jou vir alles vergewe.





Pom-poms 1 min leesstuk
Pom-pom-dogters blink goud


Geskryf deur:

Mieke van Helden

Gepubliseer:

4 November 2022

Douvoordag op 22 Oktober het ’n groep baie opgewonde dogters by die skool aangekom.

Die groot dag het aangebreek! Die dag van die 90.6FM Cheerleading Competition. Daar is omtrent hare gedoen, grimeerkwaste het vinnig heen en weer geswaai en lippies is rooi geverf.



Pom-poms 2 min leesstuk
Uitstappies, avontuur en spanbou… ’n toer om te onthou

Geskryf deur:

Ané Potgieter

Gepubliseer:

4 November
2022

Nadat die graad 6-skooltoer die vorige twee jaar deur Covid gepootjie is, was dit vanjaar vir die graad 6'e ’n groot voorreg om op 'n toer na die Blyde Avontuur Kampterrein te gaan. Hulle het Maandagoggend 26 September reeds douvoordag vertrek op 'n toer wat hul vir ewig sal bybly.




Ivor Swartz 2 min leesstuk
IVor Swartz


Geskryf deur:

Rumay van Vuuren

Gepubliseer:

4 November
2022

Ons het die voorreg gehad dat pastoor Ivor Swartz ons skool kom besoek het. Deur sy getuienis van God se altyd-teenwoordige hand in sy lewe, is hy ‘n lewendige voorbeeld van die gesegde aanhouer wen.






Ivor Swartz 2 min leesstuk
Die wiele rol en die Ranties is op ‘n jol

Geskryf deur:

Jané
du Preez

Gepubliseer:

21 Oktober 2022

Kaskardag is om die draai en die opwinding is besig om op te laai!

Elke kind se droom gaan binnekort ’n realiteit word. Hierdie is ’n fees wat niemand wil mis nie; ’n dag wat niemand sal vergeet nie. Pret saam met jou vriende, lekkernye om aan te smul en baie pryse om te wen.



Dassie 1 min leesstuk
Daar's 'n dassie op die stoep!

Geskryf deur:

Hannes
Jansen

Gepubliseer:

12 Oktober 2022

Volgende keer as jy by Laerskool Randhart kom kuier, moet jy jou verkyker en kamera bring, want daar is 'n verskeidenheid van wild hier. Van die uil wat elke paar dae kom kuier tot die dassie wat dink hy is die hoof van die skool.

Willem, die dassie, (soos ek hom noem) bring sy dae naby die kantoor deur, waar daar die...



Sekretaressedag 1 min leesstuk
Sekretaressedag

Geskryf deur:

Amöray
Oosthuizen

Gepubliseer:

12 Oktober 2022

Volgens die HAT Afrikaanse woordeboek, is ‘n sekretaresse ‘n vrou wat die administrasie van ‘n kantoor behartig, onder andere briewe tik, liassering doen, die telefoon antwoord en vergaderings reël. Daar word selfs elke jaar ‘n spesifieke dag uitgesit om die persone te eer en te waardeer.





Rantie-babas 1 min leesstuk
Wie dra die boepie?


Geskryf deur:

Caitlin
de Waal

Gepubliseer:

12 Oktober 2022

‘n Boepie hier, ‘n boepie daar en siedaar!
Is dit waar? Is daar Baba-Ranties op pad of is daar dalk ‘n moontlikheid dat sommige van ons onnies hulself tydens pouses knuppeldik knaag aan die lekker koek en verversings in die personeelkamer?



Eksamenkoors 3 min leesstuk
Eksamenkoors laat ons BRUL!

Geskryf deur:

Stephan
Potgieter

Gepubliseer:

12 Oktober 2022

Robbie Wessels sê: “Daar’s ’n lelike ding wat kopwys in Parys... Iets heeltemal anders as ’n bike race of ’n kopluis...”

Wel, oom Robbie, die Leeuloop ís rof, maar daar is ’n veel leliker ding wat so twee keer ’n jaar...



Pokemon 5 min leesstuk
Pokemon-kaarte + meelballonne = Goeie Besigheid?

Geskryf deur:

Lienke
Olivier

Gepubliseer:

12 Oktober 2022

Besigheid of bobbejaanstreke? Entrepeneurswese of ellende? Rasende sukses of rampspoed?
Die antwoord hierop hang daarvan af of jy in graad 4 is en of jy ‘n onnie is. Wat gr 4’s as goeie besigheid beskou, dryf onderwysers teen die...



Gedig 2 min leesstuk
Vakansie is te kort

Geskryf deur:

Abigail
Leite

Gepubliseer:

12 Oktober 2022

Ek dink die lewe wil hê ons moet vinnig grootword.
Die laaste dag kry ons ons rapport.
En as jy jou oë uitvee, is die vakansie uitgesort...



Uitstalling 1 min leesstuk
'n Uitstalling van formaat

Geskryf deur:

Jayme
Martin

Gepubliseer:

28 September 2022

Kuns kommunikeer informasie, vorm deel van ons alledaagse lewe en is iets wat ons kan geniet vir die mooiheid wat dit bied. Lyn, vorm, tekstuur en kleur wat goed saam gebruik word, gee die kunstenaar se emosie weer.



Mammas 1 min leesstuk
Uit 'n mamma se hart

Geskryf deur:

Landi
Pretorius

Gepubliseer:

28 September 2022

Die dag wat jy jou eerste kind vashou, verander jou wêreld. Ewe skielik is jy die belangrikste persoon vir iemand. Nou is die lyfie geheel en al afhanklik van jou en die meeste van ons sou erken dat ons nie eens altyd seker was of ons...



Raad 3 min leesstuk
Rantie Antie gee raad

Geskryf deur:

Rantie Antie

Gepubliseer:

19 September 2022

O wee… dit is eksamentyd op die Ranties se werf en die senuwees knaag maar lekker aan die leerders (en ook die ouers). Die druk om te presteer is groot en ai toggie, die vakansie kan nie gou genoeg kom nie! Die Rantie Antie...


Ronin Woest 3 min leesstuk
Onderhoud met ‘n Rantie go-kart-renjaer

Geskryf deur:

Taylin de Jong

Gepubliseer:

12 September 2022

“Go-karting” is nie net ‘n stokperdjie of ‘n ontspanningsaktiwiteit nie, dis ook ‘n kompeterende sport. Selfs bekende F1-renjaers, soos Michael Schumacher en Lewis Hamilton, het as “karting”-renjaers op ‘n...


Jaco Jacobs 3 min leesstuk
'n Goeie dag vir… lag!

Geskryf deur:

Ané Potgieter

Gepubliseer:

12 September 2022

Een van Suid-Afrika se mees gesogte skrywers het by die Ranties kom kuier om vir ons leerders meer oor literatuur te leer. Jaco Jacobs is veral bekend vir sy snaakse stories, maar die genres waarin hy skryf strek van kinderliteratuur en...


Jaco Jacobs 3 min leesstuk
Holadrioha… Dis heerlike lente…

Geskryf deur:

Ané Potgieter

Gepubliseer:

12 September 2022

Dis heerlike lente, die winter’s verby;
weer nodig warm dae vir jou en vir my…
Roomys eet, slushies drink, kort klere dra;
heeldag swem, fietsry – wat meer kan mens vra?


 

© Kopiereg 2024 #Rantiesnuus. Alle regte voorbehou.