Aan die begin van elke jaar is dit atletiekseisoen by Laerskool Randhart. Die Interhuis is op 13 Januarie 2023 gehou en die atmosfeer was elektries! Geesvang was aan die orde van die dag en menige leerders sal saamstem dat dit ‘n middag vol opwinding was. Een van die uitblinkers van die dag was Tayla Vorster (graad 7).
Ons het aan Tayla ‘n paar vrae gestel.
Wat is jou beste item by die interhuis?
75m hekkies
Hoeveel keer oefen jy per week hekkies?
Ek oefen 2 keer 'n week met ander kinders en 3 keer privaat.
Is atletiek jou passie?
Definitief, dis 'n sport waar ek net op myself kan fokus en ek het baie mense wat my ondersteun.
Wat is jou droom vir atletiek?
Ek wil graag SA's wen en dalk as ek ouer is Olimpiese Spele toe gaan.
Wat het jou geïnspireer om atletiek te doen?
Vir seker my pa. Toe hy jonger was, het hy ook atletiek gedoen en baie keer SA's toe gegaan. Atletiek was sy passie en hy wil graag hê ek moet my beste gee in alles wat ek doen, sodat ek ook SA's toe kan gaan.
Ons almal by Laerskool Randhart hou styf duimvas vir ‘n fantastiese seisoen, Tayla! Ons staan bankvas agter jou asook elke ander atleet wat binnekort aan die Interlaer en Albertonkampioenskappe deelneem.