Die Rantie-familie brei uit

Netbal sit die net in “net” die beste
June 21, 2022
Republiekdag
June 23, 2022

Die Rantie-familie brei uit

Geskryf deur:  Nihke Dirker

Lui die klokke, lui die klokke!  Daar is nog twee Rantie-prinse gebore!

Ons graad 2R-juffrou, juf. Eekhout, verwelkom haar pragtige prins, Mason Matt Eekhout, op 6 April 2022 in die wêreld. Juffrou Eekhout noem dat gedurende haar swangerskap hulle vreeslik opgewonde oor die geboorte van hul seuntjie en ‘n boetie vir Rebecca was. Gelukkig het Juffrou nie te swaar gedurende die swangerskap gekry nie en die enigste ongemak was haar lae rug. Baie geluk juf. Eekhout, ons wens u nuwe gesin ‘n leeftyd van geluk toe. Mag u wonderlike tye saam deurgebring.

Nog ‘n graad 2-juffrou het in April 2022 haar bondeltjie vreugde gekry. Juffrou Alderson en haar pragtige gesin is ‘n blouvoetprins ryker! Sebastian Alderson is gebore op 20 April en het al diep in die Alderson-gesin se harte geklim. Juffrou Alderson het self bietjie genoem dat haar enigste ongemak aan die einde van die swangerskap die hitte was! Mag klein Sebastian Juffrou se hart nog warmer maak en alle sterkte vir u en u nuwe klein vreugdepakkie. Mag u lewens gevul wees met geluk.

Waarvan is seuntjies gemaak? Van paddas en slakke en rondloperbrakke, daarvan is seuntjies gemaak!

Ek raak nou bietjie bekommerd… WAAR IS AL DIE MEISIES?