Die sterre in die lug

Veels geluk Juffrou Steenkamp!
May 4, 2022
Hiep hiep hoera Juffrou Pienaar verjaar!
May 8, 2022

Die sterre in die lug

Die sterre is hier en die sterre is daar;

die lug is soos ‘n see waarop hulle vaar.

Hulle skyn baie helder soos die son;

ek sou een wou raak as ek kon.

Die sterre sluip so sag in die nag

en verdwyn dan weer in die dag.

Dit lyk of hulle kan dans.

Kyk op en daar sien ek ‘n kans om saam te dans.

Ek wil graag een vang,

maar hulle is te bang.

Partykeer wonder ek of sterre klein planete is.

As hulle is, dan kyk wetenskaplikes hulle mis.

Ek mis hulle vreeslik in die dag

en is weer bly in die nag.

Aggenee, waar is hulle nou?

Ek dink die son het hulle in sy mou.

Vanaand sien ek hulle nie.

Die son het hulle nie laat gaan nie.

Ag sterretjie, kom tog weer uit.

Sonder julle is die wêreld baie spyt.

– Abigail Leite graad 7H