Geskryf deur: Milan Potgieter 3 min

Die kuns van waagmoed:
Hoe kunswedstryde jou inspireer om nuwe tegnieke te probeer

“Jy mis 100% van die skote wat jy nie neem nie.” – Wayne Gretzky

Wayne Gretzky het miskien oor yshokkie gepraat, maar dieselfde beginsel geld vir die kunste. Elke deelnemer aan ʼn kunswedstryd staan voor die keuse: Gaan ek veilig speel of gaan ek ʼn skoot waag met iets nuuts?

By Laerskool Randhart sien ons hierdie waagmoed jaar na jaar wanneer leerders aan die Alberton Kunswedstryd deelneem. Hierdie kunswedstryd bied honderde geleenthede vir leerders om hul talente in alles van voordrag tot musiek, drama, dans en kuns te ontwikkel. Sommige leerders staan vir die eerste keer op ’n verhoog, terwyl ander ’n moeiliker gedig, musiekstuk of item as voorheen aanpak. Elke deelnemer kies om iets nuuts te probeer!

Om aan die Alberton Kunswedstryd deel te neem, gaan oor meer as ’n punt op ’n sertifikaat. Dit gee ons die geleentheid om nuwe vaardighede te ontwikkel, selfvertroue te bou en te ontdek waartoe ons in staat is.

Die belangrikste les wat kunswedstryde ons leer, is dat jy nie perfek hoef te wees nie, jy moet net bereid wees om iets nuuts te probeer.

Sterkte aan al die Ranties wat vanjaar aan die Alberton Kunswedstryd deelneem. Waag jou skoot, mik vir die maan… jy mag dalk net tussen die sterre beland! 

© Kopiereg 2025 #Rantiesnuus. Alle regte voorbehou.