Elke sport het sy beserings

‘n Ballade van liefde
March 7, 2022
Op julle merke; gereed… Wêreld, hier kom die Ranties!
March 8, 2022

Elke sport het sy beserings

Geskryf deur:  Nihke Dirker

Het julle al opgelet hoe baie atlete, rugbyspelers en ander sportsterre met pleisters rondhardloop op die veld, baan of in die arena?

As ‘n sekere sport jou werk word, dan is dit vanselfsprekend dat jy een of ander tyd ‘n besering gaan opdoen, hetsy dit is dat jy ‘n spier trek, ‘n ligament skeur of ‘n been breek!  Naas atlete se besorgdheid oor die hoeveelheid oefening wat hulle inkry, dink ek, is beserings een van hulle grootste bekommernisse.

Daar is ‘n Engelse spreekwoord: “Prevention is better than cure” wat beteken dit is makliker om in die eerste plek te keer dat iets gebeur as om die skade te probeer herstel nadat dit gebeur het.

Gebruik hierdie algemene reëls om beserings te voorkom ongeag die sportsoort wat jy beoefen:

  1. Warm goed op voor jy deelneem.
  2. Vermy deelname of oefening wanneer jy baie moeg of in pyn is.
  3. Dra die gepaste beskermde toerusting.
  4. Ken en hou by die reëls van die sportsoort.
  5. Vat ’n rusdag – dit is altyd goed om jou lyf ook ’n kans te gee om te herstel.

Onthou, sukses is die somtotaal van al jou klein pogings bymekaar getel!

Lekker oefen en sien julle by die wenpaal!