Fliekoorsig: The Bad Guys

Veels geluk Meneer Roets!
May 15, 2022
Agnee, sies – wat ‘n genies!
May 18, 2022

Fliekoorsig: The Bad Guys

Geskryf deur: Hannes Jansen

Die fliek, The Bad Guys, is ‘n animasie.  Die hoofkarakter, Wolf, en sy vriende, Snake, Shark, Webs en Piranha is kriminele wat by hulle grootste rooftog nog gevang is.  Om nie tronk toe te gaan nie, moet hulle met die hulp van prof. Marmalade vooraanstaande burgers word.

Hulle het dit net laat lyk asof hulle beter diere is en wou die rooftog wat hulle beplan het klaarmaak, maar Wolf kon dit nie doen nie, want hy wou ‘n beter dier wees.

Die vriende was toe geblameer vir iets wat hulle nie gedoen het nie en is tronk toe gestuur.  Hulle het ‘n groot bakleiery gehad en was baie kwaad vir mekaar.  Hulle het uiteindelik ontsnap en vir prof. Marmalade, wat toe die slegte ou is, gestop.

Die fliek is goed en verdien ’n 4/5 – ek het gedink daar is te veel onverwagse draaie.

Ek sal die fliek aanbeveel vir kinders wat van animasie hou.