Geskryf deur: Ané Potgieter 2 min

“Fore, Tee, Two, Hole in One”

Ranties se Gholfdag slaan weer op Donderdag 31 Augustus af. Dit is vir seker een van die hoogtepunte op die Rantie-kalender. Dit is ons sewende Gholfdag en ongeveer vyftig 4-balle neem aan die Gholfdag deel. Die eerste ronde spelers slaan reeds om 07:00 af en die middagveld vanaf 10:16.

Die dag gaan nie egter net oor klein wit balletjies rondslaan nie. Daar is ook verskeie besighede wat hul produkte uitstal. Enigiemand is welkom om die stalletjies te kom besoek. Die stalletjies sluit in: Grondpad Vellies, On Cloud, Braaishack, Hines and Harley Men’s Grooming, B-Merch, Adidas, Nevada Apteek, Boeremeisie Brandewyn en Shield Express Car Wash.

Na afloop van die gholf is daar ‘n ete vir al die deelnemers. Dit is iets wat spelers nie kan of wil misloop nie. Nie net wag daar ‘n smaakvolle ete op jou nie, maar daar is vele en verskeie pryse te wen. Van bottels wyn tot koelsakke tot huishoudelike toestelle. Daar word ook Rantie-bokse van verskillende waardes opgeveil waar die gholfers pryse kan wen.

Die sukses van die Rantie-gholfdag word moontlik gemaak deur al ons borge. Van diegene wat die inhoud van die “goodie-bags” borg tot diegene wat die pryse borg. Die Rantie-familie kan nie genoeg dankie sê vir elke borg en speler se bydrae tot die sukses van die Gholfdag nie. Ons sê ook dankie aan CBI vir die borg van die gholfkarretjies.

Buiten al die pryse wat jy kan wen, kry jy ook ‘n fantastiese “goodie bag” wanneer jy registreer. Daar is slegs enkele 4-balle beskikbaar. So spring gou, voordat daar nie meer ‘n geleentheid is om deel te wees van hierdie opwindende dag nie. 

© Kopiereg 2025 #Rantiesnuus. Alle regte voorbehou.