Geskryf deur: Olivia Ford 4 min

Harde werk
lei tot kishoue!

Tennis is een van die gewildste sportsoorte in die wêreld. Dit staan tans vierde op die wêreldlys van die mees populêre sportsoorte met oor die 1 biljoen mense wat daarvan hou en 1,6 miljoen mense wat graag tennis speel!

Tennis lyk dalk maklik om te speel, maar dit is beslis nie. Dit vat jare se oefening, deursettingsvermoë en opoffering! Tennisspelers moet uiters fiks wees. Hulle oefen gemiddeld 30 tot 40 ure ‘n week. Dit is gelykstaande aan ‘n werksweek vir ons ouers!

Alle beroemde tennisspelers kan getuig dat dit baie harde werk verg om top resultate te bereik! Novak Djokovic, een van die wêreld se beste tennisspelers, sê: ”Hard work, dedication and pure motivation makes who you are and who you will become.”

Serena Williams, ‘n bekende vroue tennisspeler, sê: ”I don’t like to lose at anything… Yet I’ve grown most not from victories, but setbacks. If winning is God’s reward, then losing is how He teaches us.”

Ons kan almal Roger Federer se aftrede uit tennis so ‘n paar jaar terug onthou. Hy het soveel mense aangeraak deur die spel en was ‘n ware heer op die baan sowel as van die baan af. Ek het op die wyse woorde van hom afgekom: ”Most of the time it is not about having a gift. It’s about having grit. In tennis, a great forehand with sick racquet head speed can be called talent. But in tennis… like in life… discipline is also a talent. And so is patience. Trusting yourself is a talent. Embracing the process, loving the process, is a talent. Managing your life, managing yourself… these can be talents too. Some people are born with them. Everybody has to work at them.”

Tennis leer ons beslis ‘n waardevolle les en dit is dat harde werk tot kishoue lei!

© Kopiereg 2025 #Rantiesnuus. Alle regte voorbehou.