Geskryf deur: Lente Buitendag 3 min

Lees neem jou op vele avonture!

Die Rantie-mediasentrum spog met ‘n moderne voorkoms nadat dit in 2023 opgeknap is. Buiten die rustigheid wat in die mediasentrum heers, is daar ook ongeveer 4 000 boeke wat deur die Rantie-leerders uitgeneem kan word.

Ek het vandag besluit om met ‘n paar mediaprefekte te gesels oor wat hulle ons van die mediasentrum en die boeke in die mediasentrum kan vertel. Volgens Lavijanca Bester en Jeanné Pieterse is daar gemiddeld vyf tot ses kinders wat pouses kom boeke uitneem. Daar is ‘n verskeidenheid van boeke wat by elkeen se smaak pas. Lavijanca en Jeanné geniet dit om die kinders te help om die regte boeke uit te neem en ook om juffrou Kitching te help om die mediasentrum skoon en netjies te hou.

Lees hou vele voordele in soos byvoorbeeld om ons algemene kennis te verbeter, ons woordeskat uit te brei en help ons om beter te slaap. Dit help ons ook om te ontspan en gee ons brein oefening.

Wat is dan nou lekkerder as om jouself in ‘n boek te kan inleef soos byvoorbeeld dat jy jouself in die sneeupaleis kan sien terwyl jy ‘n Frozen-storie lees of dat jy jouself verbeel jy staan bo-op Mount Everest terwyl jy The top of the world: Climbing Mount Everest lees?

Kom maak gerus ‘n draai by die Rantie-mediasentrum en wees gereed om op vele avonture weggevoer te word.

© Kopiereg 2025 #Rantiesnuus. Alle regte voorbehou.