Geskryf deur: Melinique Nel 1 min

Mnr. en Mej. Rantie 2024

Die Mnr. en Mej. Rantie-kompetisie is ‘n aand gevul met mooi mense, kolligte, musiek, danse, wit uitrustings en kreatiwiteit.

Die jaarlikse Mnr. en Mej. Rantie, wat op 2 en 3 Mei 2024 plaasgevind het, was ongetwyfeld ’n hoogtepunt op Laerskool Randhart se kultuurkalender. Opwinding en pronk is sinoniem met hierdie geleentheid en dien as trekpleister vir ieder en elk. Die vraag op almal se lippe was wie hierdie jaar met die kroon sou wegstap.

’n Tema wat elke lid van die gehoor op die punt van hul stoele laat sit het en ’n gaskunstenaar wat die geheelprent tot ’n eenheid gebind het. Wilma van Heerden het vir topgehalte vermaak gesorg. Die kameras was nie net op haar gerig nie, maar ook op die pragtige finaliste. Leerders het seker gemaak hulle “dress to impress”. Ons bekwame beoordelaars het ‘n moeilike taak verrig, want hoe kies ‘n mens nou een? Die leerlinge begin elke jaar met onsekerheid, maar aan die einde van hierdie spoggeleentheid bars almal se harte van trots.

Wat ‘n fenomenale aand! Hierdie spoggeleentheid sal ongetwyfeld in ons en al die deelnemers, wat die voorreg gehad het om dit te kon bywoon, se herinneringe voortleef. Baie geluk aan elke deelnemer en natuurlik ons wenners! 

© Kopiereg 2025 #Rantiesnuus. Alle regte voorbehou.