Geskryf deur: Suenè Pretorius
Dit is baie lekker om netbal te speel. Ja, dit gaan daaroor om doele te kry vir die span om te wen of om ʼn bal te onderskep en jou span ʼn beter kans te gee om doele te kry.
Dit is harde werk om fiks te bly, aan te hou oefen en altyd ‘n positiewe gesindheid te hê. Iemand wat in ‘n doelposisie wil speel, moet ten minste 300 doele per dag oefen. Jy moet vir jouself doelwitte stel en hard daaraan oefen. Aanhouer wen!
Hier is ʼn paar wenke van Juffrou Melanie Steenkamp vir ‘n goeie netbalspeler.
WENKE:
Jy moet ook as ʼn span saam werk, want netbal is ʼn spansport. Jy moet aanhou oefen en uithou as jy sukses wil bereik en ʼn beter netbalspeler wil word!
Juffrou Steenkamp se o/12 A netbalspan verower goud by die Gautengkampioenskappe! Ons is baie trots op hierdie puik prestasie!