Geskryf deur: Milan Potgieter 2 min

Ons gesels met juffrou Steenkamp oor die Kunswedstryd 

Ek het die voorreg gehad om met juffrou Steenkamp oor die Kunswedstryd te gesels.

1. Hoe lank is Laerskool Randhart al by die Alberton Kunswedstryd betrokke?
Laerskool Randhart se leerders neem al vir meer as 25-jaar aan die Alberton Kunswedstryd deel.

2. Hoeveel Randhartleerders neem vanjaar aan die kunswedstryd deel?
Hierdie jaar het ons ongeveer 300 leerders in 494 items ingeskryf.

3. Wat is die grootste voordele wat leerders uit deelname aan die kunswedstryd kry?
Dit verg selfvertroue om voor ‘n gehoor op te tree. Dit bou ook moed, uithouvermoë, dissipline en toewyding.

4. Watter gediggies is hierdie jaar voorgeskryf en watter gedig is Juffrou se gunsteling?
Die graad 4 en graad 5-gediggies is gewoonlik oulik en snaaks. Hierdie jaar is die graad 4-dogters se gediggie “Seunskinders” baie oulik vir my.

5. Wat is die grootste uitdaging wat deelnemers gewoonlik ervaar?
Om optredes by te woon terwyl sport en akademie steeds volstoom aan die gang is.

6. Hoe berei leerders hulle die beste voor vir hul items of optredes?
Begin vroegtydig! Maak seker dat jou optrede nie met ander verpligtinge bots nie.

7. Wat hoop Juffrou neem elke Randhartleerder weg uit die ervaring van die Alberton Kunswedstryd?
Ek hoop leerders geniet dit! Ekself onthou nog my optrede in graad 9.

8. Wat is Juffrou se boodskap aan al die Randhartleerders wat vanjaar aan die Alberton Kunswedstryd deelneem?
Geniet elke oomblik! Ek hoop elke Rantie presteer en kry die punte waarvan hulle gedroom het.

© Kopiereg 2025 #Rantiesnuus. Alle regte voorbehou.