Ons het die voorreg gehad om by mnr. Lawrenz, ons sportbestuurder, te gaan inloer om uit te vind wat is nuus uit die sportkantoor.
Eers ’n bietjie meer oor mnr. Lawrenz.
• Wat is Meneer se gunstelingsportsoorte?
Krieket en rugby.
• Aan watter sportsoorte het Meneer op skool deelgeneem?
Aan atletiek, landloop, krieket en touch rugby.
• Verkies Meneer om ’n spanbestuurder, afrigter of eerder die skeidsregter te wees en waarom?
Ek verkies om die afrigter te wees. Ek hou daarvan om direk saam met die kinders te werk; om op hulle vlak te kom en hulle so te sien groei.
Nou ʼn bietjie meer oor Laerskool Randhart se sport.
• Wat is Meneer se visie vir die toekoms in terme van die sport by ons skool?
Ek wil graag sien hoe ons juniorsport groei. As ons daar sterk is, sien ons vinnig hoe ons eerste spanne
verbeter.
• Is daar enige nuwe planne of vooruitsigte waarna die leerders die jaar op die sportgebied kan uitsien?
Ons wil graag die touch rugby ernstiger opneem. Ons gaan ook kyk na ’n aandkrieketreeks.
• Oor watter eienskappe dink Meneer moet ’n goeie sportseun of -dogter beskik?
Integriteit en harde werk. Jy moet insit wanneer die res rus.
• Watter boodskap het Meneer vir ons leerders wat dalk nog so ʼn bietjie onseker is of hulle aan sport wil
deelneem?
“Infinite possibilities through sport.”
Dit is my leuse. Sport gee soveel geleenthede buite sport. ’n Mens word fiks, ontmoet nuwe mense en maak
vriende. Jy weet nooit werklik hoe goed jy is, totdat jy probeer nie.
Saam met mnr. Lawrenz sien ons uit na die jaar se sport wat voorlê. Ons weet dat hy ’n positiewe impak gaan hê en dat die sport by Laerskool Randhart net beter en sterker gaan word.