Veiligheid in die samelewing is elke persoon se fundamentele reg. Saam daarmee het ons ook elkeen ‘n verantwoordelikheid teenoor mekaar. Vandag gesels ons met meneer Prinsloo oor die veiligheid by die skool.
1. Verduidelik vir ons hoekom die veiligheidsprosedures by die skool so belangrik is.
Veiligheid by die skool is ‘n baie belangrike aspek vir my wat in beheer is van veiligheid. Dit is om die skoolomgewing vir ons leerders en personeel so veilig as moontlik te maak. Ons oefen kwartaalliks die ontruimingsplan, sodat leerders en personeel weet wat om te doen.
2. Watter verskillende veiligheidsaspekte moet hierdie prosedures dek?
Met die ontruimingsplanoefening word daar vir brand, bomdreigement en terreuraanval geoefen. Ander aspekte soos om nie op die stoepe te hardloop nie, is belangrik en ook om nie gevaarlike speletjies tydens pouse te speel nie.
3. Ek sien op die skool se Facebook-blad dat daar nou onderwysers is wat brand- en ontruimingsbeamptes is. Hoe kies julle spesifieke personeel as veiligheidsbeamptes?
Ek wat in beheer is van die skool se veiligheid gaan bespreek die name met die skoolhoof en sodoende maak ons saam ’n besluit oor wie die opleiding moet ontvang.
4. Kan Meneer asb. vir ons vertel hoe die weerligsensor werk?
Die weerligsensor het sekere instellings wat gedoen word om af te gaan, sodra die weerlig binne 15 km vanaf die skool is. Die alarm sal afgaan en daar is ook ‘n rooi lig wat vir 20 minute aktief word. Sodra weerlig binne daardie 20 minute weer slaan, word die hele proses met ʼn verdere 20 minute verleng. Sodra dit veilig is, gaan die alarm weer af en die groen lig raak aktief. Sekere personeel ontvang’n boodskap op hulle foon wat waarsku van die weerlig en wanneer dit weer veilig is.
5. Was daar al vantevore veiligheidsinsidente by die skool?
Die meeste insidente wat gebeur is maar leerders wat tydens pouse seerkry, maar dis nie ernstige beserings nie. Dis maar soos val, ʼn knieg wat oopgeval word, ʼn neus wat bloei of ʼn vinger wat verstuit word. Ons het wel by ’n rugbyoefening ’n seun gehad wat ernstig seergekry het en noodhulpdienste het vinnig reageer.
Baie dankie dat Meneer ons kom wys maak het oor die veiligheid van die skool!