Die bekende digter, Jan F.E. Cilliers, van die vorige eeu, skryf in sy gedig Trou:
“Ek hou van ‘n man wat sy man kan staan:
Ek hou van ‘n arm wat ‘n slag kan slaan…
…Ek hou van ‘n man wat sy moeder eer...“.
Hierdie 3 reëls bevat reeds álles wat van ‘n ware leier verwag word. Vaste beginsels ten alle tye en die wil om van jou lewe ‘n sukses te maak, is baie belangrik. Ook eerlikheid in alle omstandighede en om respek te toon teenoor jou ouers, jou onderwysers en selfs gewone mense, soos die persoon agter die kasregister en die bedelaars op straat!
Ons hier by die Ranties leer dit reeds vandat ons ons skoolloopbaan hier begin het en ons is vir seker trots daarop om onsself Ranties te kan noem! Ons is ook trots op dié oud-Ranties wat steeds op hoërskool ons naam hoog hou. Dié leerders is hoofleiers in 2024 by die onderskeie hoërskole:
• Helpmekaar Kollege - McKayla Roesch
• Hoërskool Alberton - Gizelle Wiid
• Hoërskool Dinamika - Dylan Feenstra
• Leeuwenhof Akademie - Jacobus Bornman
• Waterstone Kollege - Leeza Moll
Die nalatenskap strek ver terug, verbind deur ‘n tradisie van toewyding en eerlikheid. In ons skoollied sing ons: “Met ons oë gerig na bo”. So as God dit vir jou bestem het, sal dit so wees. Dié leerders het definitief in akademie, sport, kultuur en ook op ander gebiede presteer. Ons is trots op julle! Julle is voorwaar ‘n voorbeeld vir ons. Ons wéét julle staan “vas soos ‘n berg van grou graniet op vaderlandsgrond, sy hartsgebied” soos Jan F.E. Cilliers sê.
“Ons Glo!” Julle het ons weer herinner dat ons ook daarvan kan droom om groot prestasies te behaal. Ons hoop ons hoor weer in die toekoms van waar julle uitblink!
Baie geluk!
Van die Ranties-familie