Laerskool Randhart se pom-pom-span het hierdie naweek geskiedenis gemaak toe hulle die eerste plek behaal het by die FDDCMSA Provinsiale Kampioenskappe wat op 31 Mei 2025 by Helpmekaar Kollege gehou is.
Dié span het met trots en styl die Junior Performance Cheer Pom-kategorie gewen. Die kompetisie is deur die Federation of Dance Drill, Cheerleading and Majorette Sport South Africa (FDDCMSA) aangebied – ‘n liggaam wat top vlakke van dans, cheerleading en majorette-sport in Suid-Afrika bevorder.
Onder leiding van toegewyde afrigters en met ondersteuning van die skoolgemeenskap het die span maande lank voorberei. Ure van oefening, kreatiewe choreografie en harde werk het uiteindelik vrugte afgewerp. Hulle het nie net tegniese vaardighede op die verhoog vertoon nie, maar ook 'n ongekende geesdrif en samehorigheid wat die beoordelaars en toeskouers beïndruk het.
Die hele Laerskool Randhart is ongelooflik trots op hierdie merkwaardige prestasie. Dit wys weereens dat sukses nie net in akademiese boeke lê nie, maar ook op die sportveld en in kulturele arenas. Ons pom-pom-span het ons harte van trots laat pomp!
Baie geluk aan elke spanlid en afrigter – julle het gewys wat ware toewyding en spanwerk kan bereik. Julle is ‘n inspirasie vir ons almal!