Rakkers Sportdag

‘n Rantie is…
June 10, 2022
Veels geluk Juffrou Swanepoel!
June 14, 2022

Rakkers Sportdag

Geskryf deur:  Suné-Louise Prinsloo

Maak julle sitplekgordels vas, want hier kom baie pret en opwinding.  Dit is die Rakkers se sportdag!

Hierdie sportdag het op 28 Mei by Laerskool Randhart plaasgevind.  Die kleuters het teen hulle maats deelgeneem en daar was ‘n klomp verskillende items wees.  Hulle het 60m, verspring, hoogspring, gewigstoot en hekkies gedoen, asook Playball gespeel.

Magies is gevul met prego’s, boereworsrolle en koeldrank wat te koop aangebied is.  Besoekers kon na hartelus aan al hierdie lekker kosse smul.  Die snoepie was ook oop en het heerlike kos, koeldrank en lekkers verkoop.

Die Rakker Jolyt was omtrent ‘n jolige dag en almal het hulself gate uit geniet.  Hou vas leser; volgende jaar maak ons weer so.  Maak seker u mis nie hierdie opwindende dag nie!