Die Rantie-familie brei uit
June 22, 2022
Hiep hiep hoera Juffrou Irma Venter verjaar!
July 2, 2022

Republiekdag

Geskryf deur: Hannes Jansen

Jy wonder seker wat republiekdag is.  Republiekdag word gevier in verskeie lande en hierdie lande vier dit op die dag wat hulle ‘n republiek geword het.

Vanaf 1961 tot 1994 was republiekdag op 31 Mei hier in Suid-Afrika gevier maar in 1995 was dit deur die nuwe regering, wat aan bewind gekom het, afgeskaf.  Die nuwe regering het baie vakansiedae se datums geskuif.

Suid-Afrika het in 1994 op ons laaste republiekdag weer tot die Britse Statebond toegetree.  Al is republiekdag nie meer ‘n vakansiedag nie, vier baie mense dit steeds en is dit steeds ‘n belangrike datum om te onthou.

Of jy republiekdag wil vier of nie, is jou eie keuse.  Ek het nie eers geweet wanneer republiekdag gevier was voor ek hierdie berig geskryf het nie, maar ek is bly dat ek nou ‘n bietjie meer geleer het oor die geskiedenis van ons pragtige land Suid-Afrika.