Geskryf deur: Clarindie le Roux 3 min

Spanwerk maak die plan werk

Om die kaptein van die eerste netbalspan te wees is ‘n groot verantwoordelikheid en as dit moeilik raak, weet ek my span is daar vir my en ondersteun my. Jy kan NIKS sonder spanwerk doen nie. Almal in die span is soos legkaartstukkies, elkeen uniek met sy eie persoonlikheid, talente, sterkpunte en swakpunte. Elkeen op sy eie beteken maar min, maar saam maak ons ‘n mooi prentjie.

Hierdie is wat spanwerk vir my beteken:

S - Staan saam al raak dinge moeilik en voel dit asof jy wil opgee.

P - elke Persoon lewer ‘n bydrae tot die span om die span goed te laat presteer.

A - een vir Almal en Almal vir een!

N - om Nederig te wees en nooit te dink jou span is beter as die opponente nie en te weet waar jou krag vandaan kom.

Ek sal my span vir niks verruil nie, sonder hulle is ek ook net ‘n stukkie legkaart. My span maak my kompleet en saam is ons sterker! 

© Kopiereg 2025 #Rantiesnuus. Alle regte voorbehou.