Na ‘n hele lang ruk wat die graad 4 tot 7-leerders toetse geskryf het, is dit uiteindelik verby. Die frustrasie om die heeltyd deur die dag, deur die nag, deur die week en selfs oor naweke te leer, is uiteindelik verby. Die gestryery met jou ma omdat jy sê dat jy jou werk ken, maar jy weet dat jy regtig nie jou werk ken nie is nou in die verlede, want toetse is uiteindelik verby, tot ongelukkig volgende kwartaal se toetsreeks.
Darem is dit nie nou se probleme nie. Vir nou is dit lewe sonder trane, sonder gestryery met jou ouers en sonder enige stres of jy gaan slaag of nie. Dis net glimlagte, gelukkigheid en vrede.
Geniet hierdie tydjie sonder enige toetse! Oor so ‘n paar weke is dit ook weer darem vakansie en dan kan almal lekker rus en tyd met hulle gesin, familie, vriende en ander geliefdes spandeer.