Geskryf deur: Olivia Ford 2 min

Veiligheid is baie belangrik - hoe beskerm jy jouself?

Veiligheid in die huidige samelewing is baie belangrik, veral met vandag se misdaadkoers wat teen ‘n vinnige spoed geklim het en wat tans op 26,2% van alle tipes misdaad in Gauteng staan. Daar is sekere metodes wat gevolg moet word om veilig in publieke areas te bly.

1) Wees waaksaam – dit is jou beste verdedigingsmetode.
2) Verlaat plekke saam met vriende of in ‘n groep. Nooit alleen nie
3) Bly te alle tye in goed verligte areas.
4) Wees selfversekerd, selfs al voel jy nie so nie.
5) Reis asof jy weet waarheen jy gaan.
6) Neem altyd die mees direkte roete en woon in gebiede waar redelik baie mense bly.
7) Vertrou jou instink - as jy voel iets is verkeerd, reageer daarop.
8) Hou jou sleutel gereed sodra jy jou huis of kar bereik.
9) Maak seker jy het te alle tye geld by jou vir taxi’s of Uber’s, die uitgawe is die moeite werd!
10) Dra altyd ‘n persoonlike alarm saam met jou rond en gebruik dit indien nodig.

Volg hierdie 10 baie maklike stappe om jouself teen misdaad te beskerm.  

© Kopiereg 2025 #Rantiesnuus. Alle regte voorbehou.