Geskryf deur: Olivia Ford 3 min

Wenke om jou ouers van iets te oortuig

Dit is met tye moeilik om jou ouers van iets te oortuig. Die woorde: “MISSION IMPOSSIBLE!” kom by my op. Om jou ouers te oortuig hang af van watter tipe ouer jy het, bv. is hulle streng ouers wat nie maklik ingee nie of dalk is jy gelukkig met ouers wat maklik daarvoor sal val.

Ek het bietjie raad gaan soek en die volgende stappe is glo al uit probeer en mag dalk net help. Hier is wenke om jou ouers te oortuig om iets vir jou te koop.

Stap 1: Doen navorsing oor watjy graag wil hê of maak gebruik van ons mees getroue vriend... GOOGLE. Maak ook seker dit is nie te duur nie, want anders is die antwoord onmiddellik nee. Verifieer ook dat die plek waar jy dit wil koop nie te ver weg is nie.

Stap 2: Wees vriendelik met hulle en doen goed in en om die huis vir hulle sonder dat hulle jou vra. Dit sal verseker dat hulle in ‘n goeie bui is.

Stap 3: Gaan dan na hulle toe en begin net ‘n gewone gesprek oor iets soortgelyk en dan net so uit die bloute uit vertel jy hulle van die ding wat jy wil hê (maak seker dat jy duidelik oor jou versoek is).

Stap 4: As hulle begin vrae vra, moet jy gereed wees om voorbeelde te kan gee.

Stap 5: Om jou kanse te verbeter dat hulle wel sal instem, sê vir hulle dat jy nie onmiddellik ‘n antwoord nodig het nie en dat jy kan wag. Onthou net om hulle gereeld daaraan te herinner; anders vergeet hulle en jy kry dit nooit nie!

Stap 6: Sodra hulle gesê het jy mag dit kry en hulle sal daarvoor betaal, vra hulle of julle die naweek of êrens in die week kan gaan om dit te koop.

Stap 7: Maak seker jy sê dankie daarvoor en gee ‘n drukkie of piksoentjie vir wie ook al dit vir jou gekoop het.

Ek het al die goed probeer en was onsuksesvol, maar jy kan dit probeer. Wie weet, dalk kom jy reg…

PS. MAAK SEKER DIÉ INLIGTING KOM NOOIT BY JOU OUERS UIT NIE!

© Kopiereg 2025 #Rantiesnuus. Alle regte voorbehou.